Hierdie wonderlike geïllustreerde Bybel is nou beskikbaar in u taal:
Offer. Oorlog. Versoeking. Verloëning. Hoop. Verlossing.
God het gekies om Homself aan die mensdom bekend te stel, nie slegs deur beginsels, konsepte of leerstellings nie; maar deur verhale van profesie, oorlog, genade, oordeel, wonderwerke, dood, lewe en vergifnis.
Hierdie is God se reddingsplan wat kronologies vanaf Genesis tot Openbaring vertel word. Diegene wat bekend is met die Marvel-strokiesprentformaat waardeer hierdie klassieke, hoë-kwaliteit kunswerk.
Ons gewilde geillustreerde “Prentebybel”, Goed en Kwaad, is in u taal beskikbaar! Hierdie ongelooflike boek neem u kronologies deur die Bybel, en vertel sleutelgebeure weer in ‘n maklik-om-te-verstaan geïllustreerde strokiesboekformaat. Elke storiebladsy het teksversverwysings onderaan sodat jy in die Bybel kan sien waar daardie gebeure opgeteken is of leerstellings aangespreek is. Standaard strokiesboekafmetings, met meer as 320 bladsye wonderlike Bybelstories.
Kliek op die boekomslag hierbo om die hele .Pdf-lêer af te laa, of kliek en besigtig die individuele hoofstukke hieronder.
Die Begin. Adam en Eva.
Die verhaal van Abraham en Isak.
Moses en die kinders van Israel.
Eksodus uit Egipte en die 10 gebooie.
Die koningkryk. Die bediening van Elia.
Profesieë oor Christus.
Die Nuwe Testament. Johannes die Doper. Jesus Christus.
Vroeë bediening. Wonderwerke van Jesus.
Die onderrig en gelykenisse van Jesus.
Die Kruisiging van Jesus.
Die Apolstels en vroeë kerk.
Na die hele wêreld. Evangelisasie.